Leer uit verlede

(Skrywer C.A.Thomas)

Stories van ons voorgeslag

het ons baie al van gehoor.

Stories wat mondelings oorgedra was van geslag tot geslag.

Van hoe ons voorouers hier beland het en wat hulle moes ervaar het,of dit nou goeie of slegte dinge was.

Al wat ek weet,daar lê stories onaangeraak by elke begrafplaas,in dorpies in die Richtersveld.

Stories wat ek graag sou wou gehoor het uit die mond van die wat ons reeds verlaat het,maar dit sal mos nou nooit gebeur nie.

Stories wat saam met ons voorouers onder stof,sand en klippe begrawe is.

Stories wat hulle nie wou of kons oorvertel het nie,want hulle was bang.

Bang in die sin dat as hulle oorvertel het sou hulle dalk gemartel of met die dood gevonnis sou word.

Stories van hartseer en pyn of dalk nog erger……

Vir jare het boesman en nama volk hier rond gedwaal tot hulle mekaar verraai het.

Boesman het toe sy pad na die Kalahari gevat om daar n lewe te maak.

Die nama-volk het agter gebly en met hul nomadiese leefstyl aangegaan.

Vreemdelinge het toe hul verskyning kom maak in die omgewing en alles deurmekaar kom maak vir die namavolk….opsoek na rykdom .

Eens wat net ons voorouers sin was ,was in n oogwink van hulle ontneem.

Hulle was skierlik vreemdelinge in hul eie omgewing .

Hulle was nou as niks aangesien en soos wilde diere verwilder .

Hulle was nou die vreemdelinge en die vreemdelinge nou base van die omgewing.

Waar kons hulle kla!

Nerens want as jy n “fokkol” was moes jy net gesien en nie gehoor word nie.

Baie van ons voorouers het van slegte dinge geweet wat hul geliefdes oorgekom het maar moes hulle bekke hou.

As hulle gepraat het was hulle dalk die volgende slagoffer van n gru-dood of iets.

En met van daardie geheime lê baie van ons voorouers 2toe onder,sand,stof en klip.

Vreemdelinge was later so uitgedraai dat hulle veroorsaak het dat boesmans en namas mekaar uitgeroei het.

Dis nie stories wat ons moes van geweet het nie,maar dit het gebeur.

As jy die geskiedenis van die namas van Namibie ken sal jy weet waarvan ek nou praat.

Baie van ons voorouers was van Namibie wat voorheen bekend gestaan het as “Suidwes-Afrika.

Laat ons altyd bewus wees van ons nama geskiedenis,laat ons weet wat in die verlede gebeur het,sodat die dinge nie weer gebeur

Laat ons leer uit ons verlede……….dinge wat ons moet weet